Meer oor my

Hallo! Ek is Zandré, ‘n nuwe mamma vir ‘n pragtige seuntjie, ‘n vrou vir my wonderlike man en ‘n fotograaf as beroep.

Ek is geen digter of skrywer, ek skryf oor dinge van die hart, daaglikse dinge. Ek skryf oor die “curve balls” van die lewe.

Met ‘n groot liefde vir Afrikaans het ek so paar jaar terug begin skryf na ‘n traumatiese ervaring. Ek het ‘n geliefde verloor. Ek het woorde gebruik om my gevoelens neer te pen en oor te dra in tye waar my mond nie kon nie. Vir ‘n lang ruk het ek nie geskryf nie, onlangs het ek weer die “urge” gekry om te skryf nadat ons babatjie op 31 weke gebore is. Dié moeilike tyd het my weer my pen laat optel.

Ek is een van daardie mense wat my emosies en gevoelens deur woorde en fotos uitdruk. ‘n Paar woorde of ‘n mooi foto kan vir jou presies vertel wat in my hart aangaan.

Hier deel ek my stories, my ervarings en my emosies.

Liefde
Zandré